Wouter, goeie maniere - dis al!

  • 0


Wouter,

Eerstens: Onderskei asseblief jou intellektualisme, van intellektuele soos Johannes Comestor, Chris Dippenaar, Angus, Varkspek, George, Jan Rap, ... en al die ander.

Ag jou intellektualisme iets eens met Kobus de Klerk, "Dolf", en die res van hul egotistiese en hardvogtige, spiritueel intelligente huiskerkbende ...

Sosiale kennis, veral sonder die nodige ervaring, is indoktrinasie/onderdrukking (buiten in die geval van kuns, wetenskap en vaardighede).

Wouter, ek hoop heelhartig dat jy wel eendag die verskil tussen verrykende kennis uit die gedagte van intellektuele, en die intellektualisme as wapen in die hand van narsiste, kan onderskei.

Elders krakeel jy: Cornelius, Wat is jou probleem? Is daar geen twyfel in jou gemoed dat jy dalk verkeerd wees nie, is al wat daar is, hierdie sing en dans, harte en gevoel, en hoe goed jy is en hoe diep jou meegevoel is en hoe die wat nie soos jy is, koue harte het en intellektuele masjiene, sonder emosie en gevoel. Daar is altyd drama in die gesprekke waarby jy betrokke is, amper nooit, net die gesprek nie. Word daar verskil word, dan word jy geminag, word daar verskil, dan moor die persoon gesprek volgens jou. Wat is dit dan wat jy verlang?  Miskien moet jy jou verwagtinge oor wat 'n goeie gesprek sal wees identifiseer. Want op hierdie stadium is jy te sensitief en gedra jou hopeloos te veel soos 'n prima donna. Vertel my dus wat jou tevrede sal maak in 'n gesprek. Dalk kan dit haalbaar wees vir my [Wouter], maar dan moet ek weet wat is jou verwagtinge. 

Wouter, ervaring het my geleer; goeie maniere, dis al wat 'n mens nodig het om gesprek met enige mens op aarde te vlot.

Oral waar ek onseker was oor jou bedoeling, en waar ek gevoel het jou veronderstellinge omtrent my is met jou eiewaan vervul, jy hoogmoedig, pedanties en aanmatigend teenoor my is, het ek jou eers daaromtrent bevraag.

So het jy darem altyd geleentheid om jouself te verantwoord, en jou eie beeld te skep.

Ek dink dis gewoon goeie maniere.

In jou verwaande intellektualisme veronderstel jy ook byvoorbeeld die volgende omtrent my - Cornelius: Daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid. Dit dan die grondslag waarop sy argument berus dat elke persoon tot dieselfde God bid.   

Daarop het ek jou reeds verskeie kere geantwoord dat my geloof in God, niks te make het met waarheid, of leuens nie; dat net fundamentaliste, ander met geykte clichés soos "een waarheid" onderdruk; dat ek nederig in meelewing saam met elke hart, al die biljoene daarvan op aarde, voor ons Skepper buig; God in besonder, uniek aan elkeen openbaar; dat elkeen in God se genade, God, in hul eie hart aanbid; dat God self geloof in ons harte bewerk , en daarom dan dat geloof en ongeloof, in God se hande alleen is. 

Jou veronderstelling omtrent my is dus verkeerd.

Met goeie maniere sou jy vra; Cornelius, glo jy daar is een enkele waarheid, naamlik God, en dat ten spyte van die verskeidenheid in hulle verskille tog nog steeds funksioneer onder hierdie enkele waarheid?

My antwoord aan jou, en namens myself, sou dan wees - nee.

In my ordelikheid sou ek dit selfs motiveer!

Maar, nou gaan jy in elke woernaal en "volledige bydrae" van jou voort, en praat Kobus de Klerk en "Dolf" se haat teen die Evangelie klakkeloos na; byvoorbeeld, dat ek kwansuis alle Godsdiens as EEN voorstel - ondanks die feit dat ek gedurig elke Godsdiens by name en met respek onderskei.

Jy kon my nog oor baie bevraag, mits jy beskaafd genoeg is om my eie antwoorde, en namens myself te aanvaar - en te gebruik in jou red nes jy wil!

Maar hou tog net by my eie voorstellings omtrent myself.

Jy kan dit selfs navors soos jy my lidmaatskap by die Heilige George Katedraal bevestig het - ek weet dis reg!

Nou karring jy met jou eie verwaande veronderstellinge TEEN my.

Dit blyk dat jy dink dat  as jy, en Kobus de Klerk dit genoeg herhaal, dit uiteindelik waar is!

Vergeet maar daarvan.

In nog slegte maniere wurg jy in my keel dat ek my persoonlike ervaring as verteenwoordigend van 'n groep se waarheid projekteer; dat ek reken "die groep" se waarheid in my hart is; dat ek kwansuis inligting voetstoots aanvaar, ten spyte van my skeptiese beskouing omtrent jou inligting; dat my kritiek teen die huidige regering kwansuis impliseer dat ek die vorige bestel onder die Nasionale Party, wou behou...

Waar kom jy daaraan?

Waar het ek ooit sulke onsin omtrent myself hier voorgehou?

Hoekom vra jy my nie sodat ek minstens myself kan verantwoord nie?

Bots die kruks van elke saak dalk met jou agenda op die werf?

Die anderkant van die munt is natuurlik ook waar.

Ek moet dieselfde doen.

Alles wat ek omtrent jou en Kobus de Klerk tik, het julle egter self menigmaal bevestig.

Jy het self erken dat die korpokrasie "invloed" op jou inligting het. Dis jy wat die demokrasie hier in Mzansi, as "bearable dissatisfaction" gedefinieer het (ten spyte van al die moord en doodslag - terrorisme - DAAGLIKS op weerlose teikens). Dis jy wat jouself openlik as iemand wat intellektualisme bedryf, hier wil voorhou ...

Ek het Emeritus-aartsbiskop Desmond Tutu se uitspraak dat Suid Afrika een van die gewelddadigste plekke op aarde onder die ANC-regering geword het, as gronde vir my veronderstelling dat swartes self ook dink dat dit beter onder Apartheid was, aan jou voorgehou.

Wouter, jy moet beslis 'n baie groot probleem iewers het om te dink dat die geweld onder Apartheid destyds, erger was as wat swart, wit bruin, en elke ander kleur vandag hier ervaar!

Sedert my laaste antwoord aan jou, is verskeie mense vermoor, vermink, en geroof...

Geeneen kan meer voorbly met die statistiek nie.

Dis die soort ERVARING wat ons mense hier vandag ken!

Ja, die gogo, wie se identiteit steeds nie bekend is nie, is glo daarvan beskuldig dat sy iets gesteel het. Die mense in die video praat almal sePedi. Die ou dame beweer sy het vir die "gesteelde" items betaal, en smeek om haar lewe. Danksy 'n gatvol publiek, is die boewe intussen aangekeer.

Jou intellektualisme Wouter, is dus nie net ten koste van ander geestelike werklikhede nie, dis gewoon ook gebreinspoelde beeldpoets in guns van die korpokrasie se demokrasie - dit,  ten koste van regte mense se harte en vrede hier aan Mzansi.

Nie te danke nie.

Hindoe-, Moslem-, Joodse, katolieke, Boeddhistiese, Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top