Wouter, geloof en die geskiedenis

  • 0

Wouter

Dankie, vir jou moedige poging.

Ek wil met jou dié gedagte deel, wat baie sal verduidelik omtrent spiritualiteit en die werklikheid en werking daarvan.

Jy het al by geleenthede vermeld dat jy poësie lees? Ek hoop ek is nie verkeerd nie. Dit is wonderlik as dit wél so is. Wanneer mens egter die stukkie poësie lees, dan is die woorde daarvan, die letterlike bewys van wat in dié stukkie prosa staan. Gee ons nou die stukkie prosa vir, byvoorbeeld, ’n Williams, mag daar dalk ’n heel oppervlakkige betekenis van daardie woorde verhaal word. Neem jy wat Wouter is dieselfde stuk, dan spreek dit tot jou en dié woorde word vir jou soos ’n ontluikende blom – afhangende van wat daarin staan, sal dit dan óf ’n Venus Vlieëvanger wees wat ontvou, óf dit sal pragtige affodille of iets dergeliks wees. Dit is die dinamika van woorde in die spirituele dimensie. Mense sal vir jou sê dat woorde lewe en dit ís so, want die woord is die voertuig van ’n seker soort energie wat implikasies nè gevolge het waar dit ook al tref. Dit is baie beslis ook wetenskap …

Só het God se Woord baie besonderse Krag en dinamika. Basie besonderse en kragtige Energie. Daardie energie bring die Kennis (inligting, wat óók energie is) van die besonderse konnotasies wat God aan die bepaalde Woord heg. Daarom sal ek as gelowige begryp dat Daniel oor die Perse, Grieke en Romeine profeteer, maar die onbetrokkene sal dit nie só ervaar nie. Diegene wie op die Spreker van die Woord ingestel is, soos mens ’n radio sorgvuldig sal instel om die graas van steurings en interferensies uit te skakel, ervaar die louter Lewende dinamika daarvan, maar ander weer, die Williamse, sien gewoon letters op papier gedruk sonder enige besondere waarde.

Jy is maar met die Goddelike Spiritualiteit, soos sommige ander mense is met mooi poësie. Hulle sal eerder nie eksploreer nie, want die onbekende bring ongemak en selfs vrees. Vermy dit eerder en sê alle poësie is mites. Ander weer, het om persoonlike redes ’n negatiewe ervaring deur die verkeerde blootstelling of aanwending van poësie en maak dit alles onredelik en ongegrond af as ongewens en vir “moffies”.

Maar, só maak die spiritualiteit deel uit van die werklikheid en die wetenskap. Die spiritualiteit was beoefen en bestudeer lánk voor die wetenskap in alle erns beoefen en bestudeer was. Dit het geen sin om skielik, na derduisende jare, die spiritualiteit as regmatige en wesensbelangrike komponent van die lewenservaring van die mens, te probeer ontken of afmaak nie.

Indien jy dít verstaan, sal jy ook verstaan dat die spirituele geskiedenis net so deel is van die geheel geskiedenis ervaring as die geskiedenis in die fisiese manifestasie van die spirituele waarna jy verwys.

Hoor hier, Wouter. Die dag wanneer jy jou kop vir die laaste maal neerlê, sal jy dit doen as gelowige. Moenie teen die prikkels skop nie, dit bring net pyn.

Groete,

Kobus de Klerk

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top