
Stewie Griffin, is die skepping van die karikatuurmeester Seth MacFarlane. Stewie is ’n uiters begaafde eenjaaroue baba/kleuter. Hy is hoogs belese en verwys in besonderhede na enige popkunstenaar en groep bekend lank voor sy geboorte. Behalwe vir sy fisika en meganiese vernuf wat enige ervare ingenieur na ’n gewone ambagsman laat lyk, val Stewie darem vir ’n paar dingetjies aan babatjies op sy ouderdom; soos sy krul van die lag as sy pa op sy magie blaas, geen toiletmaniere nie en hy praat met sy teddiebeer asof dit lewe.
En dis hoe dit met sommige op die werf gaan. Gereeld word daar gesprek met Wouter Ferns en sy moedertjie Alie gevoer asof die karikature werklik bestaan!
Wouter Ferns en Tant Alie is onbetwisbaar anders as al die ander bydraers wat skuilname gebruik. Missie en visie val totaal buite hul bestek.
Daar is altyd ’n menslike bedoeling en hart in Adriaan, Johannes Comestor, Ran Doodt, Thomas, Angus, Chigurh, Pro-Dink, Vega, Varkspek, Ronel, Anton B, Kolgans, Perdebytjie, Maya, Oom Daan, Duitswester, Outoppie, Reusedwerg, Zhi ... en selfs Jan Rap se bydraes.
Die onrealisties Alie-karikatuur is duidelik ’n vaardige "tante" met die tegnologie; dog verkramp in ’n uitgediende maat kamstig deel van die Afrikanerdom. Alie lees soos ’n baie swak transkripsie van ’n Casper de Vries of Pieter-Dirk Uys skepping.
Woutie is ingeskryf op elke "what's what" en spoeg en plak uit sy "who's who"-argiewe om so geloofwaardig en aanneemlik moontlik vir die ge-aliede naïwelinge op die werf te manifesteer. Hierdie naakte "surf" op Andé P Brink se intellek deur Woutie, is ook geen uitsondering nie. Dit kan kwalik as ’n verslaggie van ou nuus lees, tog word dit deur sommige hooggeag. Dis eenvoudig; André P Brink is ’n besonderse begaafde intellektueel in die Afrikaner gemeenskap. Woutie se aanstellerige aanhaal sonder om iets van sy eie bedoeling daarin te deel, bewys die absolute desperaatheid van Wouter se karikatuurmeester.
Die karikatuur Wouter Ferns is ewe-eens Stewie Griffin die intellektuele.
Die ongure spotbeeld Woutie, is nou reeds lankal welberug vir sy openlik vyandige obsessie in afguns met elke hart wat dit met enig besonderse mening sou durf waag. Geen onderwerp staan buite sy enge begrip nie. Als buite val sensasioneel met minagting.
So dwaal die moedswillige karikatuurmeester met sy keiser van intellektualisme Wouter Ferns, kaalgat op die werf.
Het André P Brink of ekke hoegenaamd sulke karikature se kommentaar of belediging nodig?
Hoe belangrik sou Peppermint Patty van Peanuts se mening nou eintlik wees?
Van diep uit my pankreas; baie dankie.
Cornelius Henn

