Hallo Wouter,
Verskoning dat ek nou eers antwoord.
Elders tik jy: "Wat wel bevraagteken word om persoonlike ervaring dan te projekteer as verteenwoordigend van ’n groep se waarheid, en dat die groep se waarheid is, wat jy [Cornelius] beweer in jou hart is" en, "Maar tog voel jy [Cornelius], jy kan namens die groep praat, die tydsgees so bepaal."
Wouter, ek kan op geen manier agterkom waar ek myself al ooit in ’n bepaalde groepgees (behalwe as ’n mens), voorgegee het nie.
Onthou asseblief; ek maak nie aansprake namens ’n bepaalde groep nie. Ek deel my eie persoonlike ervaringe en belangstellings op die werf. Ek is eerder die onderwerp vir kundiges om te bestudeer, as wat ek my intellektueel sou wou knies oor my eie ervaring. Ek hoop jy verstaan my uitdra van empirie nou beter Wouter.
Die onderwerpe in bespreking met jou is die pluralisme, en die demokrasie.
Laat my toe om eerstens my vordering met die pluralisme te deel (vir enige ander wat sou belangstel; die lesings ter sprake kan hier geluister word).
Wouter, ek het met belangstelling reeds na groot dele daarvan geluister. Ek het ook na Diana Eck se sesde lesing, The Pluralism Within, op jou aandrang in geheel geluister. Ek dink jy som die lesing tereg op as ’n intellektuele beskouing van ’n mens se 'meng en pas'; ’n bietjie Boeddhisme, baie Katoliek, en afgerond met Wicca as ’n voorbeeld.
Dis ook duidelik in Diana Eck se lesings, dat liefde die katalisator in sinkretisme is (byvoorbeeld geliefdes se aanpassing in die huwelik oor taal, godsdiens en kultuurgrense heen).
Ek wys jou ook graag daarop dat ek met my hart in diens aan ons almal se Almagtige Lewende Skepper, eerder die onderwerp is, as ’n kundige soos Diana Eck, wat intellektualisties van ’n afstand oor die pluralisme en sinkretisme kan gesels.
Tweedens; die demokrasie.
Jy bevraag my ervaring waar swart werkers hul misnoeë oor hul lewe in die huidige demokrasie met verlange na Apartheid (nostalgies) met my deel.
Jy stel dit dat ek eers ’n amptelike meningsopname moet maak, alvorens ek dit mag noem.
Volgens jou moet alle inligting moet eers getoets word om te bepaal of dit betroubaar is.
Jy aanvaar glo nie stellinge 'voetstoots' nie.
Wel Wouter, dis presies hoe jy gesprek in ’n doodloopstraat dwing, en dit daar probeer moor!
Hoekom moet ek my aansprake bewys?
Is jy nie eintlik die een wat die teendeel moet bewys as jy dit nie wil aanvaar nie Wouter?
As ek iets glo, dan glo ek dit – bewys jy dan vir my die teendeel!
(En onthou asseblief; geloof is ’n werkwoord, en nie ’n kompliment waarmee 'ware gelowiges' hulself mee kan komplimenteer nie).
Nietemin, jou hele relaas, veral waarin jy bronne soos die 'Mail and Guardian', 'Business Day', 'Independent Online' as gesaghebbend voorgee, dui net weereens op jou erg geïndoktrineerde formaat van intellektualisme.
Nietemin, demokrasie is op ’n baie lae vlak in terme van wêreldoorheersing.
Dis algemene kennis dat ALLE demokrasieë en regerings, veral in die Weste, onderhewig is aan korporatiewe organisasies soos Bechtel, Exxon, General Electric, Phizer, British Petroleum, Shell, Phizer, News Corporation, Monsanto ... ensovoorts.
Dit staan bekend as die KORPOKRASIE!
Wouter, dis waaraan jou sogenaamde 'nie-voetstootse' inligting en propaganda, onderhewig is – naamlik die korpokrasie.
Maar wie regeer dan die korporatiewe wêreld?
Ja, die BANKE!
Banke soos Citi, Chase, Bank of America, Goldman Sachs, Wels Fargo, HSBC ... ensovoorts, finansier die korpokrasie.
Bokant die banke is daar nog groter banke, soos byvoorbeeld die VS Federale Reserwe, en Die Reserwe Bank van Australië.
Tussen hierdie twee grotes sit die vetste kat op aarde – raai wie? – ja, die Bank van INGELAND!
Selfs die Bank van Ingeland het ’n baas (eintlik base) – die IMF en die Wêreld Bank.
En bokant hulle? – die Bank vir Internasionale Opbetalings, of te wel "The Bank for International Settlements".
En aan wie behoort die Bank van alle banke"The Bank for International Settlements"? – net ’n handjievol elite – waarvan nie een van ek of jy, deel is nie Wouter.
Die HELE boonste helfte van die piramiede wat ek hier verduidelik het, behoort aan banke – die GELDMAG.
Jou inligting oor die demokrasie word inderdaad deur die Geldmag, wat op hul beurt die korpokrasie beheer, gedikteer – dus ook glad nie so objektief dat jy jou eie ervaring daarvoor hoef te ruil nie!
Jy is duidelik gebreinspoel as jy jouself so afhanklik wil maak van die kennis wat die Geldmag, uiteindelik met hul eie agenda die wêreld instuur.
Laat weet gerus sodra jy jou subjektiewe intellektualisme besef Wouter.
Empiriese groete,
Cornelius


Kommentaar
Jy het my oortuig, jou ervaring, dit wat jy in jou hart voel en ervaar is presies hoe die bestaan daarna uitsien en is daar geen ander manier hoe dit kan wees nie. Jou gevoel het die werklikheid vir jou duidelik gemaak, dit wat jy voel is werklik hoe die bestaan daarna uitsien.
Wouter!?
Cornelius!?
Ja, daar is algemene kennis - en dan is daar Wouter se inligting...
Wouter, jy tik: "Dit is baie duidelik uit bogenoemde skrywe dat jy nie 'n idee het hoe die internasionale stelsel van banke werk nie, die nut van sentrale banke en die funksie en rol wat sulke banke vertolk nie. Die rangorde van die banke is net onderstebo, die vet kat volgens jou die 'Bank of England'. Weereens gaan kyk na jou feite. "
Ek het my feite weereens geGoogle, maar soos jy altoos algemene bronne soos openbare biblioteke en die Internet minag, sal ek dit waardeer indien jy vir ons kan meedeel oor hoe brandsiek die Bank van Ingeland, dalk mag wees. Ek nooi jou heelhartig om die hiërargie van die banke wat ek hierbo noem, volgens jou besondere inligting uit te lê.
Jy gee wel toe dat die korpokrasie "invloed" het, maar "bars die seepbel" met "die herrie wat Anglo hier gekry het", toe hulle die myne hier wou afskaal.
Hahaha, ek dink jy sit heel voor waar 'n kulkunstenaar naïewelinge flous. Jy word ook duidelik BAIE kwaad vir ander wat daarvoor lag.
Nee Wouter, die korpokrasie en hul base, die Geldmag, voer hul agendas oor geslagte heen.
Daar is egter wel 'n Berg wat hulle moet hulle moet oorkom voor hulle mag oor die HELE wêreld het. Om voorbeelde te probeer aanhaal om te bewys dat die Geldmag steeds beperk is, bewys hoegenaamd nie dat hulle wel 'n plan voer om absolute wêreldmag te bekom nie.
Dit bring my weereens by die punt: Die demokrasie hier, is gereedskap om die Afrikaner finaal mee te vernietig. FW de Klerk het sy kiesers (die Afrikaners), mislei. Die proses om die Afrikaner totaal te vernietig, het met die Unie van 1910 begin. Die Voortrekkers se ongeluk in die dorre Transvaal, was die rykdom waarop hulle daar afgekom het. Die Geldmag sou hulle dit NOOIT vergewe nie. Geen mens sou die marteling van vroue en kinders langer kon verduur. Die Tweede Vryheidsoorlog, ook deur die Geldmag aangehits, het die Afrikaner sonder twyfel geknak.
Wouter, tot vandag het jou Troon, nie die beskaafdheid om die Boere om verskoning te vra vir die gruwels wat die Ingelse hier in die naam van Goud, gepleeg het nie. Selfs Prins Harry, kon onlangs nie vinnig genoeg hier deur die Suidpunt van Afrika hurry, om die laakbare moord en doodslag op weerlose vroue en kinders wat sy voorsate as lakeie van die Geldmag gepleeg het, te probeer ontduik nie.
Sien, dit het geslagte van miskenning deur die wêreld se Geldmeesters geneem om die Afrikaners ten gronde te bring. Selfs toegewydes soos Jan Rap vandag, kom nie eers die Geldmag se agenda deur die nasionalisering van ons Voortrekkererfenis (veral op stasies soos RSG - en TV se 7de Laan), agter nie.
Wouter, jy tik voorts: Regulasies in lande verskil en dit is onmoontlik om 'n algemene opmerking te maak oor die vrye teuels wat 'n korporasie het of nie het nie. Google is deur die EU aangevat, 'n paar keer al, Microsoft beboet, in die VSA is die bankwese herskik met die Dodd-Frank wetgewing. 'n Gesprek wat dus die moeite werd sou wees, is indien, dit kon opbreek soos ek hier gedoen het en die tekortkominge van die wetgewing te ondersoek. In plaas daarvan, beweer jy ek is gebreinspoel, oningelig en dat ek jou net moet antwoord wanneer ek dit besef en verander het.
Ja, ek weet eerlik nie wie, of wat jy dink is jy nie. Hierdie is verseker nie 'n vergadering waar gesprekke oor oplossings vir die wêreld se probleme gevoer kan word nie. So iets sou gewoon 'n fopspeen vir gepeupel wees.
ALGEMENE KENNIS, en die bevestiging daarvan deur mense soos John Perkins in sy boek "Confessions of an econimic hitman", is seker van die beter inligting wat ons met mekaar kon deel.
Maar, as gebreinspoelde en sogenaamde ingeligte, sal jy sekerlik gou Sebastian Mallaby van die Washington Post, se kommentaar daarop aanhaal.
Enigeen wat die Geldmag se agenda ontbloot, is glo 'n "frothing conspiracy theorist, a vainglorious peddler of nonsense", nes enigeen wat Kobus de Klerk nie eer nie, 'n "agnostikus" is.
En dis die doodloopstraat; die plek waar gesprek met allerlei lapelle om die nek gemoor word.
EN Wouter, dis die stemme in jou kop waarmee ander neergehaal word, wat dit sou waag om nie jou inligting en media opnames, as objektief te ag nie.
Wouter, jy is duidelik besig om jou erg onderhewige Ingelse agenda as 'n sogenaamde ingeligte, hier te voer - daarom, geen waarde vir jou uit hierdie gesprek nie!
Boeregroete,
Cornelius