
Wortels
Hou die glas teen die lig
om die wyn se lyf te sien
kyk sy kleur en helderheid
proe sy eie besonderse smaak
wat die wingerdrank
diep af in die wortels in
gaan haal het uit die aarde
en uit die grondwater getrek het
dit gee die druif sy smaak
dit spel sy terroir
As jy die druif uitken
deel jy ook in sy wortels;
proe jy sy bodemgrond
Kyk jy jou vriend in die oë
dink: glo ek sy boeket
sonder dat ek sy wortels ken?


Kommentaar
Ek hou van die woordspeling in die laasste twee reëls. Is so van toepassing met alle vriendskappe.