woordverlies

  • 1

ek wil nie meer liefdesgedigte skryf
mooi bewoord
en slim bemetafoor nie

ek wil jou nie meer serebraal aanbid
die hof maak met groot woorde nie
ons is hominidae en

ek wil eintlik net met ’n bebloede vuis
primaties teen my borskas slaan
en jou naam uitroggel

Teken in op LitNet se gratis nuusbrief vir ’n weeklikse dosis vars poësie .

 

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top