"Woorde vs denke" deur Annica van Greunen

  • 0

Woorde vs denke

Die fontein borrel binne my,
binnekort stroom die waters na buite.

As jy maar net kon weet hoe ek voel,
oor jóú!

Woorde mag dit nie beskryf,
woorde is soms verkeerd,
woorde is tot verwoesting in staat,
woorde mág nie.

Die prentjie van jou vervaag,
nie omdat ek dit so wil hê nie,
maar omdat jy verder wegstap
langs die baai van my hart…
Die prentjie is dof en my hart se glase vuil,
wens ek kon my gevoelens skree vir die horison om te hoor.

Woorde mag dit nie beskryf,
woorde is soms verkeerd,
woorde is tot verwoesting in staat,
woorde mág nie.

Nou lê ek met ’n leë plek in my hart,
met die waters wat nou na buite stroom,
omdat ek nie ’n manier kon vind om te sê hoe ek voel.
Omdat ek te bang was
vir hoe jy sou wees,
met almal wat weet.

Nou weet ek: harte word gebroke,
met woorde ongesproke.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top