"Woorde en Hande" deur James Roberts

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Kan jy nie net vergeet nie
Dis nou al lankal verby
Dis al amper twintig jaar
Maar jy sit nog hier by my

Mens kannie daaroor dink nie
Die antwoord is te klein
My waardes bly dieselfde
Al sal die groen blare verkluim

Die wêreld het verander sonder jou
Jou woorde en jou hande sal ons maar altyd onthou
Die straatligte buite, skyn net so bietjie skerper
En al die vele kleure met hul voëls en hul vlerke
Is nog net so mooi terwyl hulle rondom my vou

Gryp my hand
En ons sal dryf oor die sand
Die kole gloei wit en rooi
Ons sole is al deur gebrand

Sy werk is ongelooflik
Die mag kom van Sy woorde
Jy moet my glo dis waar
Ek het Hom al ervaar!

Die wêreld het verander sonder jou
Jou woorde en jou hande sal ons maar altyd onthou
Die straatligte buite, skyn net so bietjie skerper
En al die vele kleure met hul voëls en hul vlerke
Is nog so mooi terwyl hulle om my vou

Nou kan jy kies
Dis jou keuse alleen
Die ander mense draf in die modder, in die reën

Daar’s meer net water
Daar’s meer as net dou
Jy hoef nie te verstaan nie, Hy's opsoek na jou
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top