"Woorde" deur Xander Foster

  • 0

Geskryf vir: Straatligkinders

Woorde is ek
Woorde is waarvoor ek leef
Woorde is krag
Woorde is my leed

Ek is die ou wat woorde oordink
Woorde gebruik
My smag na woorde is groot
En my hart en siel loop oor

Nou vra ek Jou vir die regte woorde. Lê dit voor my neer.
Ek het Jou woorde nodig.
Praat stadig en spreek dit oor my uit.

Woorde vloei deur my gedagtes. Niks begin met ’n woord. Donker word lig deur die woord.

Gee my die woord.
 

lyricMap homeMap


Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief
. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top