"Woorde" deur Xander Foster

  • 0

Woorde

Woorde is ek
Woorde is waarvoor ek leef
Woorde is krag
Woorde is my leed

Ek is die ou wat woorde oordink
Woorde gebruik
My smag na woorde is groot
en my hart en siel loop oor

Nou vra ek Jou vir die regte woorde
Lê dit voor my neer.
Ek het Jou woorde nodig.
Praat stadig en spreek dit oor my uit

Woorde vloei deur my gedagtes
Niks begin met ? woord
Donker word lig deur die woord

Gee my die woord.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top