"Woorde" deur Anja

  • 0

Woorde

Woorde kan nie beskryf hoe ek
Oor jou voel en wat ek eintlik bedoel

Ek is lief vir jou met my hele hart,
Al haat ek hoe jy my soms tart.

Jy't in my lewe gekom en als verander
Elke dag word my hart klop vir jou al harder
Die lewe sonder jou raak net moeiliker elke dag
En wanneer ek in my bed lê in die nag
Wens ek jy was by my en altyd aan my sy

Al weet ek dit kan nie gebeur, kan ek nog steeds
Nie my emosie beheer.
Dan sluk ek maar ’n traan weg en probeer die
Hartseer en verlange beveg
Tog weet ek jy is daar en wens jy kon vir my staar.

Ek weet jy het my lief
en dat ek jou hart gesteel het soos ’n dief.

Woorde kan nie beskryf hoe ek
oor jou voel en wat ek eintlik bedoel.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top