"Wonder of jy weet" deur Corné Deysel

  • 0

Wonder of jy weet

Wonder of jy weet...
Hoe jou verlede aan my vreet?
Chauvinisties, elektries
Moes geweet het toe ek jou kies!
Kort-kort weggegooi & dan weer teruggevat
Jy het my laat voel soos ’n ou deurmat!

Pathetic van jou, disappointing vir my
Hoeveel ander girls het jy verlei?
Rooi ligte was daar maar ek het alles vermy
Ek sien almal lag vir my
Jy het dit reggekry

Eerste keer, tweede keer, derde keer, vierde keer
Wat het jy daaruit gekry? Hoe kon ek my hart terug kry?
Die laaste keer, het ek eers geleer

Pathetic van jou, disappointing van my
Jy sê jy is nog lief vir my
Gesien hoe die wiel begin draai
Vir al die kere deur jou verraai
Gods give to women no more
Good to see that your heart is sore

Wonder of jy weet…
Hoe ek my van jou af weg meet
My hart weer heel, die keer toe geseël
In die hande van my nuwe man
Weet ek dat jy nie sonder my kan!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top