Wonde

  • 2

 

Foto: Canva

Ek raak naar en proe jou woorde in my mond en voel hoe dit my siel net aanhou skop, 
en aanhou 
en aanhou 
en aanhou.
Terwyl ek in die hoek tussen verneder en vernietig lê, 
probeer jy weer en weer en weer.
Hoe het jy die mag?
Om my menswees weg te ruk? 
Weg te skop, weg te skree, weg te jok.
Jy sê jy leer jou kinders ook so.
Ek hoop hulle is okay.
Maar vir jou is daar niks oor nie.
Niks.
Ek staan op en plak pleisters op wonde wat lank voor jou daar was, 
wat jy van voor af laat bloei het, 
en terwyl ek pleisters plak en pyn, 
weet ek my einas sal gesond word
en ek sal dit saam met my dra met dieselfde deernis en dignity 
soos ek al die jare het. 
Maar jou wonde sal nooit genees.
Jou wonde sal aanhou bloei op ander. 
Tot jy uitgebloei is. 
Jy sal nooit weer die reg hê om my lyf, 
my vroulikheid, my waardigheid te misbruik vir jou eie aansien nie. 
Jy sal nooit weer die reg hê om my naam te skend om jou eie beter te maak nie. Nooit. 
#wantekisvrou

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top