"Wolhaarstories" deur Lisa Spangenberg

  • 0

Wolhaarstories

Klein kindervoetspore in die sand
lankal verdwyn, ek onthou nog hoe
dit was.

Die beste ding van om ‘n kind te wees
om te lag, te sing, te speel en om wolhaarstories
met mekaar te deel

Kaalvoet-, warm somerskinderdae
vyf rand sakgeld was te veel gevra
wegkruipertjie, en laat speel tot
die vlermuise pla
mis die lekker goeie ou kinderdae

Die koffiefles en die kar is gepak
slaap in die kar, wie sien eerste die strand?
Maak vriende by dosyne, het hulle name al vergeet
hulle staan dalk êrens langs jou, maar ons was te jonk om dit
toe te weet.

Kaalvoet-, warm somerskinderdae
vyf rand sakgeld was te veel gevra
ons bende se den in die bos op die hoek van die straat
‘n boks begrawe met geheime en drome vergeet en verlaat

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top