Wiskunde

  • 0

Die vak, Wiskunde
Wat menigte vrees,
Met bewerkings en somme,
Wat probleme genees.

Optel en aftrek,
Om ’n antwoord te kry,
Maal en deel,
Kom jy nie verby.

Jy kan dit nie leer,
Jy moet verstaan.
Jou antwoord verkeerd,
As jy ’n fout begaan.

Die vak, Wiskunde,
Het jy lief, of haat.
Het leerders laat uitstyg,
Of skool verlaat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top