Wintie-Wintie Vryer
Hey, jou Wintie-Wintie Vryer
Jou kapoktrokryer,
Het jy my hart gesteel?
Het jy my hart gesteel?
KOOR:
Hy’s my Wintie-Wintie Vryer
In sy arms hou hy my stywer
Dis my Wintie-Wintie Vryer
Is jy rof en onbeskof?
Eet jy kreef met dop en kop?
Ek val vir jou
Ek val vir jou
KOOR
Ry jy jou Ouma se scooter?
Sal jy enigeen voeter?
Jy’s die een vir my
Jy’s die een vir my
KOOR
Loop jy kaalvoet in die dorp?
Drink jy net port?
Ek is lief vir jou
Ek is lief vir jou
KOOR


