"Winterkind" deur Carlene de Vos

  • 0

Winterkind

Jy het ingekom met jou bruin slierte geplak
Teen jou rooi wange
Jou modderbevlekte liggaam het gebewe,
Maar jou breë glimlag
Het nog steeds als verhelder

[Koor]
Jy’s my winterkind
Wat kom met die wind
Jy’s my reën
Wat kom soos ’n seën
Ek wil jou vasdruk en sê
Jy kan altyd by my bly lê

Die koue kan kom en die storms kan woed,
Maar oë bly altyd so sag
En soos jy by my kom lê
Weet ek dat niks jou kan onderkry,
Want jou hart is vol somer

[Koor]
Jy’s my winterkind
Wat kom met die wind
Jy’s my reën
Wat kom soos ’n seën
Ek wil jou vasdruk en sê
Jy kan altyd by my bly lê

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top