Dis bitter koud hier buite,
Winter het begin.
Die potblou lig is skaars,
Die son sien jy maar min.
Almal dra nou jasse,
Verwarmers werk oortyd.
Met komberse toegetrek,
Hou jy die koue uit.
Voëltjies het migreer,
Baie diere aan die slaap.
Nagte is nou langer,
Mens alewig aan die gaap.
Bome lyk kaal en asvaal,
Geen bloeisel en geen blom.
Wag geduldig en met spanning,
Vir lente om te kom.
Winter is ’n seisoen,
Met min aktiwiteit,
Mense kyk alewig uit,
Vir ’n voëltjie se eerste fluit!

