"Wine cooler-nooi" deur Alex Lubbe

  • 0

Wine cooler-nooi

Dis twee dae tot môre
En gister is verby
Weekends glip deur ons vingers
Want dis net ek en jy

Die sober gedaantes
Het ons bevry
Dis al weer ons twee
Teen die wêreld se gety

Koor

My wine cooler-nooi
Vol depressie en wyn
G&T is jou redder
En omgee jou pyn

As ek die wêreld kon verander
Het ek gister tyd gestop
Want ek het my hart verloor
Op ’n drostdyhofpop

Ek was ’n halwe mens
Toe ek jou sien
VIP's by die rehab
Die black cat inn

Toe jy die stukkies begin optel
Was ek ’n hele mens
Met jou donker hare
Was jy my enigste wens

Koor

My wine cooler-nooi
Vol depressie en wyn
G&T is jou redder
En omgee jou pyn

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top