Williams se navraag van gister

  • 0

Ek sien jy sê jy wag nog vir my antwoord oor watter lande beter as die NSA sou wees.  Ek het jou al geantwoord (5 of 6 Januarie) EN Dirk D, as ek dit nie mis het nie, het ook op 'n soortgelyke vragie van jou geantwoord.  Wat ookal jy daar anderkant rook of eet tas jou konsentrasie aan maar om dit maklik te maak hier's die meeste van daardie brief weer:

Net weer iets duidelik maak, vir die honderdste keer;  Nie een van ons wat so deur jou uitgekryt word kla oor die land nie; ons kla oor die administrasie, in die saal gesit deur julle klomp benepe, liggelowige gatsuiers, lakeie en agterryers.

Die eerste 'beter' land wat ek dus genoem het was SA, in die dae toe die stasies en parke nog skoon was, die paaie sonder gate, die dienste gewerk het en Sunnyside nie na urine en menslike ontlasting geruik het en besmet met rap music nie.  En die wildtuine en –parke nog goed bestuur was (sien Suki se brief onlangs) en daar nog volop funksionele skole was en universiteite met 'n studentelewe (en dis maar als onder andere).

Die volgende beter land is Noorweë, en Denemarke, en Spanje, en Swede, en Duitsland, en Skotland, en Portugal, en Rusland, en Italië, en Ierland, en Australië, en Frankryk, en Engeland, en Poland, en Nieu-Seeland, en Tsjeggië en nog honderde ander ook.  In hierdie lande is daar nie mutimoorde en as daar is word dit heelwaarskynlik gepleeg deur konniebyhoudendes nie wat 'n beter heenkome daar gaan soek het want in hulle eie lande krepeer hulle.

In al die lande wat ek genoem het is daar natuurlik misdaad maar nie NAASTENBY van die omvang in SA nie.  Soos ek nou vir jou skryf gooi die mense klippe iewers ('n inbeller, dit haal nie eers meer die nuus nie), beset hulle grond by Walmansthal en die polisie verroer nie 'n vinger om te help nie, is daar 'n optog in Sutherland oor die mense nie tevrede met die polisiediens is nie en is die hele Limpopo-provinsie bankrot verklaar. Hospitaaldienste of iets skuld miljoene aan verskaffers wat, as 'n natuurlike gevolg, ophou verskaf het (ongekende ellende dus in hospitale).  Een of ander woordvoerder kla oor die bankrotverklaring van Limpopo want hy sê dinge gaan erger in die Oos-Kaap en nog 'n ander provinsie, kan nie nou aan die naam dink nie.

Soos jy altoos seg; die NSA is in volle swang. En al gaan dit hóé sleg in ander lande is dit geen regverdiging dat misdaad en korrupsie hier OK is nie.  Hierdie is 'n begrip waarmee jy baie sukkel so spandeer bietjie tyd hieraan; een of ander tyd moet jy dit snap.

Hier's nog iet wat jy nie snap nie:  Jy sê ek lieg oor die toestand hier en dan vra jy in dieselfde asem ek moet vir jou sê waar dinge NIE sleg gaan nie.  Sien jy die teenstrydigheid?  As jy nou weer mediteer, dink aan hierdie begrip in plaas van om "mu" te prewel.

Op my beurt wee wag ek nog steeds dat jy verduidelik a) hoe jy uitwerk dat die gemiddelde Afrikaan ten minste ses tale vlot kan praat, b) wat dit is wat die NSA in "15 jaartjies" bereik het wat Australië nie in 200 jaar kon bereik nie, c) waar jy daaraan kom dat die VK skaars so groot as die Vrystaat is en d) nog 'n hele klomp ander vrae, onder andere 'n paar van oester ook.

Jan Rap

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top