Williams
Hoeveel keer moet mens dit nog vir jou uitspel? Ek en my man het besluit dat ons nie Suid-Afrika gaan verlaat nie. Ons laat ons verblyf hier in God se hande oor en ons is heeltemal positief dat hy ons sal beskerm indien dit Sy Wil behaag. My seun het wel na Nieu-Seeland verhuis, en ek het reeds twee keer daar besoek afgelê.
Kyk maar na Yuri se pragfoto's oor hoe mooi dit hier in Pretoria is, hierdie tyd van die jaar! Ek hoop jy kry sommer ’n knop in jou keel van die verlange en jaloesie, want ons is hier en jy nie! Ons het die reg om te kla oor alles wat fout gaan in hierdie land. Ons leef en ervaar hierdie dinge daagliks. Die moord en doodslag is vir geen normale mens aanvaarbaar nie. Lyk my jy is heel gelukkig met hierdie toestand, want my soms laat bekommer oor jou geestestoestand.
Ek dink dat ons seker maar op die "Brain Drain"-lys gestabiliseer het, aangesien hier maar my breine oor is om te "drain". Ek weet nie hoekom Nieu-Seeland so swak doen volgens jou op die lys nie, aangesien ek nie ’n statistikus is nie. Tog kan ek vir myself sien as ek Nieu-Seeland besoek, dat dit beslis ’n veilige omgewing is vir ’n jong gesin om in te leef.
Ek stel maar weer my uitdaging aan jou. Gaan besoek Nieu-Seeland en lewer dan jou opinie. Voordat jy dit nie gedoen het nie, kan niemand ag slaan op jou kritiek wat jy teenoor daardie land lewer nie!
Tant Alie

