Wil net weet ...

  • 4

... of Dirk Rigter wat my onderrig hoe om my taal te besig (my brief 9 deser) wanneer hy met 'n bier in die hand om die braaivleisvuur staan, praat van:

kotelette ipv “chops”,
beeshaas ipv “fillet”,
kruisskyf ipv “rump steak”,
T-been-skyf ipv “T-bone steak”?

Praat hy van hoenderboudjies en van hoenderdytjies met 'n “klippies en coke” in die hand?
Vra hy miskien om die bordjie versnaperinge ipv “snacks” om te stuur?
Ek dink 'n paar manne sal skuins onderlangs na hom loer.

Soms is Afrikaans in die gewone omgang lomp. Ek het 'n siening dat Afrikaans hom in baie gevalle nie tot sang leen nie. Kyk maar hoe word andertalige liedjies in Afrikaans vertaal, verkrag. Die oorgrote meerderheid van Afrikaans-gekomponeerde liedjies tuit in my ore.

Wat ek gebruik het is woorde wat ek “geleen” het, dis nie anglisismes nie. Wat is meer aanvaarbaar, leenwoorde of anglisismes? Engels het ook sy leenwoorde uit Afrikaans soos stoep en trek, byvoorbeeld.

Cheers!

Raed-na-Gael

 

  • 4

Kommentaar

  • Hoesit my bra, ek wil ook net weet ... of jy toe jou bonus "paycheck" by jou bank inge-"cheque" het? Dis orraait om by die Engelse te leen, maar dan moet jy darem reg leen. Moenie vra vir sjielings en dan ponde gryp nie.

    En onthou: Braai jou Rib Eye niks meer as meduim rare nie.

  • Dirk,
    Toe die SAS&H byvoorbeeld, nog inbedryf was, is die manne in harde kontant vir hul dienste vergoed. Daar is nie 'n 'cheque' uitgereik of in 'n rekening inbetaal nie.

    Jy het in 'n ry gaan wag, en by jou beurt die salarispakkie onderstebo gedraai en geskud, en dan het jy jou geldjies ge-'check'.

    Vandaar die "paycheck".

    Groetnis.

    Raed-na-Gael.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top