Wie weet waar

  • 0

Foto: Canva

Wie weet waar?

Aner jaar was dit gevra
"Waarheen is ons land oppad?"

Die vet weet.

Die reënboog prentjie,
lyk al te spoggerig van ver.
Niemand van byte sienie
stukkene strate
hope vullis,
dag sonder krag
en dai bietjie water
wat skaars hou tot later.

Ons wys net die groene gras,
wille diertjies en mooie minerale.
Dai mense van oorsee
kom kyk mis net hoe lyk dinge op die stoep.
Die aners dink ons verkoop tanne
medi leeus en verstuk aan hongerte.

Wat ʼn misleidende verhaal.

Soos innie stories,
wag almal vir die "happy ending".
Tot dan, is die land steeds oppad.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top