wie presies?

  • 0

wie’t aan wal gestaat, Drommedaris, Reyger, betrag,
wie’s vir ver meer as 400 jaar, imperialisties g’minag,
wie’t Kaaps-Hollands, huise, meubels, tuine, ontwerp,
wie’t na apartheidseinde eers weer “inboorling” g’word,
wie’t gewonner, of daar m’t identiteit iets mee skort?

staan burger, medeburger, skouer teen skouer,
staar op na “Duiwelspiek”, uit “Duiwelspiek”,
uyt Kaabsche Vleck, uit Ses, uit doeanekantoor,
bring superioriteitsindroom, via “ras” en “klas”,
na Kaap de Goede Hoop, struktuurgeweldsiek,
ingeburger, tussen Vlakte-flêts, kugelgordyn,
vreet vleisvreters’l besimpeld, aan GM-swyn,
Eerste Mens, kjenners, be-FAS, via papsak-wyn,
gekul deur geweldenaars se dobbel-porno-triek,
uitbuit- en swendelary, struktuurgeweldstelsel,
sedert daai heel eerste kopsmokkel-arak-dag,
Mens, Eie, Gewete, ultra-gewetenloos v’rkrag,
nie eens meer seker, oortuig, wie presies’s wie,
wie’s offisieel in beheer, van kapitaal-bul-‘n-beer,
wie presies gaan iets uit les van geskiedenis leer,
wie word deur ultra-onkund’-ontkenning verteer

Jacobus Faasen

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top