"Wie gaan ons kom haal (mamma moet tog nie skel nie)" deur Vanessa Atson

  • 0

Wie gaan ons kom haal (mamma moet tog nie skel nie)

Mamma moet tog nie skel nie
Mamma moet tog nie skel nie

My ma’t gesê
sy het geweet
dit gaan gebeur
Dit maak so seer

Maar hoor was min
Ons twee was slim
Soek net plesier
Nou sit ons hier

REFREIN:
En wie gaan ons kom haal?
En hoe gaan ons betaal?
Dis net trane wat jy sien
Maar dis wat ons verdien (x2)

Speel heeldag kaart
en domino’s
Loop op en af
Nou’s ons gestraf

REFREIN

Mamma moet tog nie skel nie
Mamma moet tog nie skel nie

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top