Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Dis dinge soos dié
Daaglikse dinge wat ons kan breek
Dit benadeel ons, emosioneel
Sonder dat ons dit kan keer
Is daar iemand om mee te praat?
Iemand wat sal verstaan?
En dit beter maak
Die stukke van jou hart optel
Alles laat verdwyn
Die seer en die pyn
Refrein:
Wie gaan jou trane afvee as jy huil
En wie sal ooit verstaan, wat binne jou aangaan
Dis moeilik om te praat oor die dinge wat jou pla
Want dit maak te seer
oooh (x2)
Want dit maak te seer
Vers 2:
Van ons, kry skaam vir elke traan
Maar wees jouself en hê lief
Tot die wêreld vergaan
Begin aan jouself te werk
Hou aan en bly sterk
Maak alles reg
Sodat jy weer, gelukkig kan wees
Sonder enige vrees
Refrein: (x2)

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

