Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Jy is verkeerd oor my
Jy lyk nie so mooi soos wat jy dink
Dink jy kan enige iemand kry om te val by jou voete
Om te val net by jou voete maar dit is nie ek nie
Refrein:
Ek verkies die meisie op die stofpad van die plaas
Op die stofpad van die plaas met haar mond vol geraas
Ek verkies die modder tussen tone en die son en net die lewe wie is jy?
Wie dink jy is jy?
Vers 2:
Jy is verkeerd oor hoe ek dink aan jou
Ek dink glad nie aan wat jy kan beteken nie
Wonder of jy weet hoe jy lyk in die helder dag
Jy verblind my met die masker met die masker wat jy dra
Refrein:
Ek verkies die meisie op die stofpad van die plaas
Op die stofpad van die plaas met haar mond vol geraas
Ek verkies die modder tussen tone en die son en net die lewe wie is jy?
Wie dink jy is jy?
Vers 3:
Jy’s oorgemaak en van plastiek
Ek hou nie van ’n poppie nie
Ek wil lag en sing en speel
Sonder om iemand se naels te breek
Refrein:
Ek verkies die meisie op die stofpad van die plaas
Op die stofpad van die plaas met haar mond vol geraas
Ek verkies die modder tussen tone en die son en net die lewe wie is jy?
Wie dink jy is jy?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.