"Wicus" deur Amanda Botha

  • 0

Wicus

Soveel vrae, soveel seer
Van ons lewens, wie is werklik in beheer?
Daar was so min tyd
Vandag is ons net spyt
Ons het soveel beleef saam met jou
Nou is daar so baie wat ons nog wou

Sal ons ooit verstaan
Waardeur jy moes gaan?
Jou stem is vir altyd nou stil
Daardeur kyk ek nou na die lewe met 'n nuwe bril

Sou daar iets wees wat ons kon doen
om jou met die lewe te versoen?
Nog net een maal jou stem te hoor
sal al die pyn kan wegtoor

Waar jy nou aan die voete sit van ons Hemelse Vader
is ons aan die antwoorde glad nie nader
Jou spore wat in ons harte lê
gaan ons nooit vir jou meer kan sê

Al gaan dit nou hoe dol
Hierby hou ek vol
Dit was so bedoel
al sal ons dit nooit gou kan voel

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top