"Whenwe go home"

  • 2

Kwaziwai.

Terwille van die sikofante Dirkie en sy koorsige karikaturale komposstampbende (die 'kkk'), troos ek graag dat ek my opskrif uit Steven Spielberg se beminde film E T geleen het.

Dit daar gelaat.

My hele lewe lank ontmoet ek nuwe Whenwees en kuier by oues waar hulle in verskillende fases oor die Limpopo uit die gevolge van net nog 'n tipiese Afrika Demokrasie ontsnap het.

Vir jare lank was ek onder meer 'n mentor vir ingenieurstudente uit Zimbabwe in Eskom se diens.

Sonder om pretensieus daaroor te wil wees, waardeer ek selfs die bekende Elworthy-broers as my kollegas destyds.

Dis my ervaring:

Dis algemene retoriek om na die vroeëre Rhodesië as die kosmandjie van Afrika te verwys.

Die verval van Zimbabwe in die vreug van die neo-liberaliste en demokrate is ewe algemene kennis.

Nes die astrale wesentjie E.T. nooit tuisgevoel het op aarde nie, net so verlang elke "Whenwe were in Rhodesië" terug na hul paradys van weleer.

So sit ek die anderdag in my stilte en bedink hoeveel van my Whenwe kennisse en vriende weer hul adresse permanent Noord van die Limpopo gemaak het.

Met groot skrik besef ek dis reeds meer as die helfte!

Ek reis ook taamlik gereeld oor Beitbrug en besluit toe daarom my eie navorsing eerstehands en by deesdae se "Weback in Zim" te doen.

Dis glo nie omdat Zimbabwe beter geword het nie; dis opmerklik hoe hulle bloot en deur die bank vandag se "Nuwe Suid-Afrika" as veel erger beskryf.

Wat is die vraag; of jy jou eie natgesweet met bloedblase handearbeid in Suid-Afrika se piesang demokrasie op 'n BBBEEE-skinkbord moet oorhandig, en of jy 'n vyftig persent aandeel aan 'n effe minder lui Shona in Zimbabwe moet afstaan?

Volgens die Webacks is dit belaglik om hoopvol te wil wees oor wat nog op Suid-Afrika wag. Uit dure ondervinding het hulle geleer dat Zimbabwe met al die geweld daar, Suid-Afrika destyds sowat twintig jaar die afgrond vooruit was. Suid-Afrika val vandag glo veel vinniger en is veel aggressiewer as Zimbabwe ooit was volgens hulle.

Voeg 'n bietjie logika daarby, die rassistiese haatmoorde op ons plase, dan dui alles daarop dat die onafwendbare veel erger in Suid-Afrika gaan woed as enige ander plek in Afrika.

Vrede in Zimbabwe kan vandag in 'n illusie van ekonomiese welvaart gehandhaaf word danksy Suid-Afrika se ekonomie wat vinnig besig is om in duie te stort.

Wat tans met die Rand gebeur, is ‘n erge krisis en ‘n hartseer voorbeeld van hoe die piesang demokrasie in Nelson Rolihlahla Mandela se nalatenskap in die hand van Jakob Gedleyihlekisa Zuma (Msholozi), vandag Suid-Afrika se ekonomie net verder ruïneer.

Suid-Afrika sal glo heel waarskynlik binne die volgende 5 jaar in ernstige interne konflik verval soos elkeen veg vir beheer oor die laaste stukkie rykdom en lewensmiddele.

Stakings en voorvalle van openbare geweldpleging maak dit duidelik dat frustrasie weereens buite beheer kan raak.

Ek glo nie dis bangmaakpraatjies nie.

Elke regdenkende mens wat DAAGLIKS kan sien en hoor wat in die land gebeur, sal die Webacks en laaste paar Whenwees op pad terug se kommer oor die ekonomie en maatskaplike onstabiliteit in Suid-Afrika deel.

Dieselfde mense wat die myne beheer, beheer die Reserwebank.

Goud- en platinumpryse sal sekerlik nie gou enige drastiese verhogings op die wêreld mark sien nie.

In die aansig van die huidige stakings is die enigste ander oplossing dus om toe te laat dat die rand verder verswak en dit selfs aan te help deur die mark oor te versadig met nog nuttelose Randelas (inflasie).

Hoe slim moet 'n mens wees om te kan verstaan dat Goud en Platinum in Dollars verkoop word? ... dus, 'n met 'n erg verswakte rand ...
Ja, en so word ons hulpbronne geplunder ... en die stemgeregtigde proletariaat? ... hulle sal seker na nog 'n Marikana weereens 'n effense verhoging kry net om later te besef dat hulle Randelas veel minder kan koop as voorheen ...

... en so sal die siklus herhaal word - en met nog meer geweld ...

... tot groot vreug van "Big Mining" verswak die Rand tot nog 'n rekord laagtepunt ...

Ja, en watter kapitalis gee om hoeveel bloed daarvoor vloei of hoeveel mynwerkers deur die polisie geskiet word ... solank die Profytmakers met die hulp van die demokratiese Marxiste ons minerale rykdom kan steel en weer kan verkoop vir Anglo en Amerika se Ponde en Dollars, is alles okei ...

Enigeen wat daaraan dink om te emigreer sal weet hoe onbekostigbaar dit geword het ... DWA!!!! ... daar slaan die kommunistiese tronkdeur toe!

Hierdie prentjie het reeds in alle kommunistiese lande en tot op hede afgespeel ... Hongarye , Roemenië, ... Zimbabwe en vandag ... Suid-Afrika ...

Die Webacks sit soos lords aan die 'veiliger kant van die Limpopo' op hul stoep met die laaste bietjie krag van die Rand in hul sak ...

Zita rangu ndinonzi Cornelius Henn.
Ndinobva kuguta guru reMzansi rinonzi Gauteng.
Ndibatsireiwo!

Hindoe-, Moslem-, Joodse, Boeddhistiese, katolieke Boeregroete en Afrikaliefde,

Cornelius Henn

  • 2

Kommentaar

  • Ek kan 'n oorval kry as ek die "whenwees" hoor praat. Daar is van die ouens wat heel aangenaam is. Soos die lewe maar is, is daar ook die onlekkeres. Ek het 'n naby aangenaaide familielid wat 'n oud Rhodesiër is. Ek kan my bedinges as hy praat van die ou dae en van die persone wat hierheen gevlug het wat sus of so bereik het. Ek het een aand by 'n geselligheid toe daar 'n hele paar van hulle was, gevra hoe lank hulle al in die land is. Die gemiddelde tyd was 25 jaar. Ek vra toe of hulle een van die plaaslike tale kan praat waarop almal van hulle nee geantwoord het. Hul verweer was dat hulle dit nie nodig het nie. Tipies, kom aas hier, vreet hulself vet en gee pad as dit lyk asof die "paw-paw" die waaier gaan slaan. My familielid is juis besig om sy aardse goed wat hy hier opgegaar het te verkoop. Hy vlug na die VSA toe. "Good bye and good riddance"

  • CorneliusHenn

    Beste Reusedwerg,

    Wat my altyd opgeval het as mentor vir 'n paar ingenieurstudente uit Zimbabwe destyds, was die besondere en hogere mate van hul opvoeding.

    Steve Elworthy en sy broer Glen, is verseker ook van die aangenaamste mense om te ontmoet.

    Maar dan is daar die "Whenwees" wat nes jy dit tereg stel nie eens Afrikaans sal praat nie.

    Elke "Whenwe" wat ek nog ontmoet het in my lewe is van die hatigste rassiste wat enigeen kan indink - en hulle is almal deur die bank Ingels!

    G'n wonder Oom Bob het destyds gedreig om Ian Smith met hul uhuru in die openbaar te hang nie. Ek onthou egter die koerante soos gister toe hul eerste ontmoeting heel moedig afgeloop het en Ian Smith wat enkele maande voorheen nog gespog het dat Mugabe nie in 'n duisend jaar sal regeer nie, by sy vrou gaan spog het hoe oortuig hy na dese van Oom Bob se integriteit is en hoe dankbaar Zim moet wees vir hul nuwe swart messias ... byna 'n FW en Mandela tipe fabeltjie ...

    Ja, die geskiedenis herhaal en vandag sit die ANC selfs ook met 'n PW Botha - die een van veewagter tot prez; die nader van bode tot pres ...

    Ek gee die "Whenwees" heelhartig toe dat ons piesang demokrasie klaaglik misluk het en dat die bloed veel dieper hier gaan vloei - en reeds gevloei het!

    Boeregroete,

    Cornelius Henn

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top