heel goed vertroud, m’t struktuurgeweld,
m’t eise, uitdagings, van kapitaalkompanjie,
rigting wat sindroom-aanjaer, superheerser,
hoog bo, uit Duiwelspiek, Mens wil wysmaak
als nie meer so simpel, eenvoudig, pluis,
Geregtigheid, vir meerderheid g’n opsie,
te vas, vasgevang in struktuurgeweld,
haar pseudo-romantika, porno-erotika,
sogenaamd gelowiges se sjatan-agenda,
“ras” en “klas” wat paradigmaties inpas,
plus bevordering van onkunde-ontkenning,
tyotyombi-mentaliteit, ingehok, ultra-onvry,
vasgekluister in Self-destruksie, slawerny,
mede-Mens se lot net Voice-, Son-vermaak,
‘t maak mos, voor God, nie noodwendig saak
taalgeweld daagliks ingespan, aan elk dag se orde,
pejoratiewe nie meer ongewens, haatvolle woorde,
kapitalisme gee Mens mos krokodilvel, ongenaakbaar,
weerloos teen trieks, uitlokkendheid van sjy boosheid,
onder Duiwelspiek-dissipels beter b’kint as U Hoogheid
sluit Mens baie graag aan by gewelddadigheid, oorlog,
Wêreldoorlog Drie ‘t toentertyd al in Golf afgeskop,
geheime alliansies, wapenhandel, slu sluip-sluikery,
konsep van Gewete-herwinning word soos pes vermy,
selfs Obama, minus Osama, Sadam Hussein, Ghaddafi,
sal sonder Afghanistan, Turkye, Iran, Libië, Beloofd’ Land,
sonder afsondering van Palestyn, gou van toneel verdwyn,
voel al klaar Wall Street-protes se pyn, soos ’n oorlogbabelas,
nog voor Guantanamo se gevangenes huis toe, troepe t’rug is
weet Mens, voor God, Paradys, Hemel,
kom tog weer terug, net soos Gewete,
al duur soektog voort na Inkhululekho,
Qhamatha, Eerste Mens, Prioriteitsgewys,
vleiseters soek mos altyd hul stukkie vlees,
gaan’t nie altyd so maklik wees, terugkeer,
terug te keer na God, Vader, Skepper,
as Mens nog steeds so absoluut verknog,
behep m’t, verslaaf aan, gek, mal oor,
oorhoeks m’t, toetentaal afhanklik van,
hierie vuil deng, van struktuurgeweld’s,
Mens dan nie meer Mensch, Sapiens,
los’t Wêreldling met net een Wens:
“Vader, Abba, Jah, Jahwe, Jehova, Krhsna,
Mens funksioneer erg disfunksioneel, sleg,
pateties, retrogressief, so sonner Gewete,
wil U, Allah, kanala, nie maar Mens, Kind,
op dees Aard’ nog een inkelte kans gun,
of moet Mens mekaar, só, ongelooflik,
onmenswaardig, 24/7, dag na dag,
met gewetenloos struktuurgeweld
ongoddelik, onmenslik, verkrag?”
Jacobus Faasen

