My gekose opskrif vir hierdie skrywe is of was: Westerse wiskunde en oneindige groete.
Dit na aanleiding van die talle besprekings oor die getalle nul en oneindig.
Uit Wouter se vorige skrywe en BBC-program-aanhalings blyk die volgende so duidelik soos daglig:
- Nul is ’n Sasareense getal, want die Arabiese kultuur en beskawing het die getal nul eerste en sonder vrees in hulle wiskunde gebruik.
- Oneindig is ’n Westerse getal, en word wyd en syd in Westerse wiskunde met groot effek gebruik.
Die definisie wat Kobus oor die woord surrealisme verskaf het, het betrekking op die Westerse getal oneindig.
Oneindig is wiskundig gesien ’n Surrealistiese getal. As sodaning word die word wel gespel met ’n hoofletter.
Oneindig as ’n Surrealistiese getal het anti-Popperiaanse en religieuse implikasies vir die fisika en kosmologie, waar die Westerse wiskundige getal oneindig, al hoe meer toepassings vind, willekeurig of onwillekeurig. Lee Smolin, Stephen Hawking en ander relatiwistiese rasionaliste is bekommerd hieroor, want die grens tussen God en oneindig neig na nul.
Hedendaagse wiskunde is nie God se universele taal nie, maar ’n Westerse kultuurverskynsel, wat die werklikheid probeer beskryf vanuit ’n Westerse kultuurperspektief.
Die Westerse kultuur was erg religieus. Klassieke Westerse musiek en Westerse skilderkuns is grootliks gebasseer op Bybelverhale. Met die fase van Rasionalisme het die Weste beskaafd, sekuler en modern geraak, “musiek” en skilder-“kuns” inkluis.
Te midde van hierdie rasionalisme en gepaardgaande beskawingskrisis, het Westerse wiskunde deur middel van die getal oneindig, toenemend ’n surealistiese fisika en kosmologie beskryf. Dit verteenwoordig ’n terugkeer na geloof en gesag. Dit het ook met die Arabiese kultuur in sy lewensiklus gebeur.
Dit is dalk evangelies-goeie-nuus vir Kobus, en demonies-boos-duiwels-siek vir rasionaliste en ateiste, maar ek dink dit is ’n surrealistiese feit wat niemand, mens of God, kon voorkom of kan keer nie.
Oneindige groete
Ran Doodt<

