"Weskushart" deur Alwyn van der Merwe

  • 0

Weskushart

Sy is my meisie van die Boland
Ons agtergrond raak irrelevant
Soos ons in mekaar se oë kyk
Jy is soos die sonsak oor die see
Terwyl ek die trane van jou wange afvee

REFREIN:
By die Weskus het ek my hart verloor
My lewe was deur jou getoor
Maar tye het verander en ons raak
nou verlore in ? brander
Saam sal ons eendag verlore raak

Ek skryf ons name in die sand
My hart word nou beheer deur jou hand
Ons het verskillende agtergronde
maar ons toekoms is dieselfde
Ek word nou gedeel in die helfte
Ons paaie gaan in verskillende rigtings
Dit is ? ongekeerde ontvlugting

REFREIN

Ek wens my drome word waar
In my droom is net jy daar
Saam jou bestaan perfekte oomblikke
Terwyl ek na die foto’s kyk van die verlede
wens ek ons kan nog een dag saam spandeer
Sodat ek weer my hart kan verloor
en van alles vergeet en saam verlore raak
In die branders van die Weskus kontrei
Sodat ek weer my hart kan terugkry

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top