"Wens net jy kon my hoor" deur Elani Kriel

  • 0

Wens net jy kon my hoor

Die nag het in skemer verander, die moegheid het verdwyn.
Sonder slaap en geselskap, net ek en my wyn.
Was ek net daar om jou by te staan, was jy dalk vandag nog hier.
Niemand het dit van jou verwag nie, maar jy het die geweer gevuur.

Jy het al daai lewens gered en een te veel verloor.
Ek het jou lief – wens net jy kon my hoor.
Die lewe gaan aan al voel dit nie so nie.
Dis net te erg dat jy nie meer kon glo nie.
Ek mis jou blonde hare en jou hees stem.
Jy's die mooiste ding wat ek ooit sal ken.

Die wekker – haan het gekraai, die wyn het nou ook verdwyn.
Sonder slaap, geselskap en wyn.
Net die hartseer en die pyn.
Ek moes aanvaar dat jy weg was.
Jou brief het my laat belowe ek sou weer lag.
Ek het dit nooit werklik verstaan nie, maar ek lees dit nog elke dag.

Jy het al daai lewens gered en een te veel verloor.
Ek het jou lief – wens net jy kon my hoor.
Die lewe gaan aan al voel dit nie so nie.
Dis net te erg dat jy nie meer kon glo nie.
Ek mis jou blonde hare en jou hees stem.
Jy's die mooiste ding wat ek ooit sal ken.

Dit het dag geword, maar jou woorde sal nooit verdwyn.
Sonder slaap, geselskap en wyn – en sonder jou het die son weer geskyn.
 
  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.

Top