Wen ’n kopie van Kook met blikkies en pakkies!

  • 0

Die topverkoper Kook met blikkies en pakkies het in 1997 vir die eerste keer verskyn. Vandag is die gewilde staatmaker terug, volledig hersien en met ’n splinternuwe verpakking, uitgegee deur Human & Rousseau.

LitNet gee ’n kopie van Kook met blikkies en pakkies, wat deur Human & Rousseau geskenk is, deur Deona Tait weg aan ’n gelukkige leser. Al wat jy moet doen, is om ’n brief aan SêNet (webvoet@litnet.co.za) te stuur waarin jy vertel van jou gunsteling-resep vir ’n dis wat jy sonder te veel moeite aanmekaar kan slaan.

Vinnig, maklik en heerlik is dus die wagwoorde! Spring weg en onthou om as onderwerp aan te dui dat dit vir die Kook met blikkies en pakkies-kompetisie is.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top