
Kruitvat is ’n splinternuwe e-boek deur Henning Janse van Vuuren. Hierdie boek vertel die verhaal van die jong koerantbaas op Phalaborwa, Adriaan Ferreira, wat op die grootste – maar ook die gevaarlikste – storie van sy kort joernalistieke lewe sit.
LitNet het drie elektroniese kopieë van Kruitvat om weg te gee, met komplimente van die skrywer.
As jy ’n e-leser het en graag ’n kopie van Kruitvat wil hê, stuur jou naam en kontakbesonderhede aan wen@litnet.co.za met die woord "kruitvat" in die titel van jou e-pos.
Klik hier vir nog inligting oor hierdie nuwe e-boek.
Wenners:
- Zanel de Lange
- Lillian Ferndale
- Willie Pretorius

