Wen met die Woordfees

  • 0

Wen met die Woordfees

LitNet-lesers staan 'n kans om dubbelkaartjies vir elk van die volgende produksies te wen. Stuur jou naam en selfoonnommer aan wen@litnet.co.za met die titel van die produksie wat jy wil wen as onderwerp van die e-pos.

Vusi Mahlasela & Lize Beekman
Die immergewilde, veelbekroonde Lize Beekman en wêreldberoemde musieklegende Vusi Mahlasela kom bymekaar vir dié eenmalige vertoning. Saam is hulle bekend vir die liedjie ‘All the same’ vir hul fondsinsamelingsprojek vir Vigs-wesies en -pasiënte. ’n Baie spesiale vertoning met twee van die land se voorste musiek-uitvoerprodukte.
 
2 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150

Chris Chameleon & Kaleidoskoop
Behalwe vir sy buitengewone stemkunsies, humorsin en woordvernuf, is Chris Chameleon ook ’n groen-aktivis en ambassadeur vir Leadership for Conservation Africa. In 2011 het sy ‘Minutes to Midnight’ die fokus op omgewingsake laat val. Chameleon: akoesties en intiem op die lowergroen Neethlingshof. Kaleidskoop warm die verhoog op.
11 Maart 18:00 | Neethlingshof | 120min | R90 (R60 studente)

Kitaarkonings
Een man, een kitaar, een verhoog, één aand. Vyf briljante kitaarspelers in verskillende genres, style en ritmes kom wys hul slag: die klassieke maestro James Grace, die veelsydige fingerstyle storieverteller Tony Cox, die dromerige Afro-jazzo Louis Mhlanga, die magiese blues-man Dan Patlansky en Richard Onraet, wat verstom met towerhase uit die kitaar se houthoed.
5 Maart 20:15 | Neethlingshof | 110min | R90 (R60 studente)

Leon Rousseau 81

Dié veelsydige uitgewer en bekroonde skrywer het 'n onuitwisbare indruk gelaat met o.m. Die groot verlange, sy seminale biografie oor Eugène Marais. As jeugboekskrywer het sy Fritz Deelman-reeks generasies jongmense aan die lees gehou, soos ook sy bekende Storieman-reeks met storieboeke en kassette. Leon se seun Chris klink 'n glasie op sy vader wat op hierdie dag by die Woordfees 81 word, en Gerrit Brand lewer 'n oorsig van Rousseau se bydrae tot Afrikaans. Kom hou partytjie saam met ons! Dorothea van Zyl is die aanbieder.

5 Maart 19:00 | Boektent | 80min | R60

Black Bottle presents "Black is Back"
Featuring: DJ Black Coffee, Boland’s Finest, DJ Joni Ranton and Tornik DJ, Pisce DJ (R.O.A.R.) in a night of amazing highlights.
Dress code: touch of black.
9 March 20:00 | Klein Libertas Theatre | 300min | R50 (R30 students)

Spirito
Ondersteun deur Distell en die ATKV.  Met Zanne Stapelberg, Minette du Toit-Pearce, Tygerberg Kinderkoor, Solms Delta-orkes met Adriaan Brand en Les Javan.

Spirito is ’n unieke musiekproduksie gebaseer op Amerikaanse ‘spirituals’, vermeng met Afrikaans, Kaaps-Maleis en Afrika-tale. Vanjaar word dié pragproduksie gekombineer met die Woordfees se Koorsig Gala, die tradisionele hoogtepunt waarop die feesprogram afsluit. Die kunstenaars sal gehoorlede onder die sterre verruk en verryk met hul unieke vermenging van style.

11 Maart 20:15 | Spier | 90min | R90, R120, R150

Bloed-wát?

Met Malene Breytenbach, Douwleen Bredenhann, Ilse Salzwedel en gespreksleier Karin Brynard

Bekroonde misdaadskrywer Karin Brynard gesels met Malene Breytenbach (Bloedgrond), Douwleen Bredenhann (Bloedwater) en Ilse Salzwedel (Bloedsusters) oor die rare toeval dat hulle in 2011 elk ’n eenwoordtitel wat met bloed begin, op die rakke het. Totaal uiteenlopende en oorvleuelende bloedbande word ontgin. En Karin kán bloed laat spat!

5 Maart 14:00 | Boektent | 50min | R40

Kop op ’n blok

Aangebied deur Protea Boekhuis

Die immergroen en immergewilde Philip de Vos begoël ons met ’n program vol foto’s, rympies, musiek en skinderpraatjies. Hy het oor die jare van die land se bekendste mense leer ken, en daaroor skryf hy. Tussenin is daar grappe, rympies, idees en vertellings oor enige een – van Gary Player tot Eugène Terre’Blanche...

5 Maart 17:00 | Boektent | 50min | R50

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top