Wegwysers
Hul dui vir ons die rigting, die pad vir ons gebaan,
wegwyserpredikante wat by kruisings vir ons staan.
En as die dag verduister, die son se strale kwyn,
die wyserwoord verdonker as geen lig meer daarop skyn,
dán gloei die woorde helder in die lig vanaf Sy gees,
dat ons ook in die swartste nag Sý woorde sal kan lees.
![]() |



