Wegblystem: Verkiesing 2019

  • 2

Daar is sommige mense wat sê hul gaan nie stem nie omdat hul stem nie ’n verskil gaan maak nie. Dit is juis waar hul die fout maak want ’n wegblystem gaan net die ANC bevoordeel en sterker maak. Hier is ’n voorbeeld: Gestel daar is 10 kiesers waarvan ses ANC stem en vier vir opposisiepartye. Dit beteken die ANC kry 60% en die opposisie 40%. Nou besluit een opposisiekieser om nie te stem nie wat beteken daar is nou nege kiesers waarvan ses nog steeds ANC stem en slegs drie vir die opposisiepartye. Dit beteken die ANC het nou ’n twee-derde meerderheid en nie omdat meer kiesers ANC gestem het nie, maar omdat een kieser van ’n opposisieparty nie gaan stem het nie. Dus, jou stem maak wel ’n verskil en ’n groot een daarby.

Dan is daar diegene wat nie stem nie omdat hul glo nie legitimiteit aan die stelsel wil gee nie. Feit van die saak is jy gebruik die paaie, hernu jou bestuurderslisensie, koop kos en betaal btw, betaal belasting en dies meer, wat beteken jy is deel van die stelsel en om dan nie te wil gaan stem nie omdat jy nie deel van die stelsel wil wees nie hou dan mos nie water nie of hoe? Nee wat, daar is geen verskoning om nie te gaan stem nie. Moet dus nie
op stemdag by die huis bly en dit as net nog ’n vakansiedag beskou nie. Gaan na jou stempunt en maak jou kruisie agter die naam van jou party wat jy ondersteun. En weereens, stem vir ’n party wie se waardes min of meer ooreenstem met jou eie waardes. Sodoende sal jy gemoedsrus hê en weet daar sal beslis omgesien en geveg word vir jou belange, waardes en regte. Maak dus gebruik van die geleentheid en gaan stem op stemdag. 

Onthou, die hand wat die kruisie maak is die hand wat die toekoms skryf.

 

  • 2

Kommentaar

  • Ek stem saam Frik. Hier in Oz is dit verpligtend om te stem, jy word beboet as jy nie stem nie, tensy jy 'n rede kan verskaf. Ek stem egter nie saam met enige van die sisteme nie, na my mening mag slegs belastingbetalers stem. No pay no say.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top