Tussen jou en my kan ek n antwoord kry
Sê my waar ek met jou staan
Ek weet ons is verloof, my aan jou beloof
Is dit die rigting waar in ons gaan
As ek om my kyk hoe die waarheid lyk
Sien ek ’n foto in jou raam
Dit is ’n ander man, waar aan jy hang
Al die jare kom jul saam
Refrein:
Sê my weet jy hoe liefde lyk
Waneer jy verby my kyk
In jou gedagtes
Is dit ek of hy
Ek wil nie langer twyfel
Of jy werklik als bedoel
Wat jy vir my sê
Wat jy vir my voel
Ek is bevrees, tweede wil ek nie wees
Al is my liefde vir jou meer
Ek wil jou nie deel, hy het jou hart gesteel
Dis iets wat ek nie kan beheer
Dalk vat ek 'n kans maar tango wil ek nie dans
Sonder my lewensmaat
Wat saam met my intrek en aan ons liefde werk
wat my belange nie sal verlaat
Brug:
Daars ’n gat in my hart ek weet hy’s die een
Ek staan hier buite en wag vir jou in die storm reën
Maar jy los my alleen en verlore
Ek stap terug in my eie spore
Koor:
Sê my weet jy hoe liefde lyk
Waneer jy verby my kyk
In jou gedagtes
Is dit ek of hy
Ek wil nie langer twyfel
Of jy werklik als bedoel
Wat jy vir my sê
Wat jy vir my voel

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.

