"Weet jy hoe dit voel" deur Amanda Nordier

  • 0

Weet jy hoe dit voel

Vers

Wat het geword van al die
Dinge wat belowe is
Toe jy, ja jy, in my oë gekyk het
En gesê het ja alles vir jou
En vandag staan ek alleen in die wind en weer.

Koor

Weet jy hoe dit voel om jou weer te sien
Na soveel maande en jare
Weet jy hoe dit voel
Om te weet jy is hier
Maar jy is nie myne nie.

Vers

My hart is leeg en seer
Dit is toegevou in jou
Jy was my enigste
Tot jy haar bo my gekies het
En vandag staan ek alleen in die wind en weer.

Koor

Weet jy hoe dit voel om jou weer te sien
Na soveel maande en jare
Weet jy hoe dit voel
Om te weet jy is hier
Maar jy is nie myne nie.

Brug

Dit is jy wat alles omgekeer het
Dit is jy met wie ek my lewe wou deel
Dit is jy …

Koor

Weet jy hoe dit voel om jou weer te sien
Na soveel maande en jare
Weet jy hoe dit voel
Om te weet jy is hier
Maar jy is nie myne nie.

 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top