Weerstand teen die mites van homoseksualiteit

  • 10

Hello, 

Dit is wel bekend dat die homoseksuele beweging gebou is op mitologie en nie op feite of navorsing nie en ongelukkig oor tyd is hierdie mites algemeen aanvaar in die samelewing, veral so in skole, universiteite en die media. 

Daar word geput op die noodsaaklike werk van die navorsing gedoen deur die Family Research Council.

Die mites word soos volg uiteengesit en bied die skietgoed vir die heteroseksueel van vandag. 

Mite No 1: Mense word gay gebore.

Feit: Die navorsing bewys glad nie dat mense gay gebore word nie en dui duidelik daarop dat homoseksualiteit die gevolg is van 'n komplekse mengsel van ontwikkelingsfaktore. Daar is nie genoeg aandag aan die kind deur die vader spandeer nie. 

Mite No 2: Seksuele oriëntasie kan nie verander nie.

Feit: Duisende mans en vroue het al getuigenis gelewer van verandering in hul seksuele oriëntasie van homoseksueel na heteroseksueel. Navorsing bevestig dat so 'n verandering soms spontaan plaasvind maar ook as gevolg van intensiewe terapeutiese ingrypings.

Mite No 3: Pogings om iemand se seksuele oriëntasie te verander van homoseksueel tot heteroseksueel is skadelik en oneties.

Feit: Absolute onsin. Daar is geen wetenskaplike bewyse dat verandering aangehelp groter skade as die homoseksuele lewenstyl self bring nie. Die werklike etiese oortreding is wanneer homoseksuele persone die geleentheid ontneem word om hul eie doelwitte te stel vir terapie en so gesond in gees te word.

Mite No 4: Tien persent van die bevolking is gay.

Feit: Minder as drie persent van die Amerikaanse volwassenes identifiseer hulself as homoseksuele of biseksuele en is die 'closet' ruim genoeg.

Mite No 5: Homoseksuele gaan nie gebuk onder ‘n hoër vlak van sielkundige versteurings as heteroseksuele nie.

Feit: Homoseksuele ervaar aansienlik hoër vlakke van geestelike siekte en dwelmmisbruik as heteroseksuele. 'n Gedetailleerde oorsig van die navorsing het getoon dat "geen ander groep van vergelykbare grootte in die samelewing ervaar so 'n intense en wydverspreide patologie."

Mite No 6: Homoseksuele gedrag is nie skadelik vir die mens se fisiese gesondheid nie.

Feit: As gevolg van 'n hoë-risiko gedragspatrone het homoseksuele persone 'n groter risiko as heteroseksuele vir seksueel oordraagbare siektes en ander vorme van siekte en besering. 

Mite No 7: Kinders wat deur homoseksuele ouers toon geen verskil teenoor die kinders van heteroseksuele nie. 

Feit: 'n Oorweldigende versameling van betroubare studies van sosiaal-wetenskaplike navorsing toon dat kinders die beste doen wanneer wat deur hul eie biologiese ma en pa wat aan mekaar in 'n lewenslange huwelik verbind is. Navorsing wat spesifiek op kinders van homoseksuele het groot metodologiese probleme, maar dit wys spesifieke verskille.

Mite No 8: Homoseksuele toon geen groter risiko as heteroseksuele om kinders te molesteer nie. 

Feit: Seksuele mishandeling van seuns deur volwasse mans is baie keer meer algemeen as konsensuele seks tussen mans, en die meeste van diegene wat betrokke is by sulke molestering identifiseer hulself as homoseksuele of biseksuele.

Mite No 9: Homoseksuele word ernstig benadeel deur diskriminasie.

Feit: Navorsing toon dat homoseksuele eintlik aansienlik hoër vlakke van opvoedkundige prestasie as die algemene publiek het en volgens inkomste redelik vaar en dat daar die minimum van wetgewing is wat aangevoer kan word direk teen die homoseksuele persoon diskrimineer. Hierdie wetgewing het as doel die handhawing van die natuurlike heteroseksuele orde en vir die beskerming van die samelewing.  

Mite No 10: Homoseksuele verhoudings is dieselfde as heteroseksuele mense, behalwe vir die geslag van die persone in die 'verhouding'.

Feit: Homoseksuele het 'n tendens om as 'n groep veel minder in 'n toegewyde verhouding te wees in teenstelling met heteroseksuele persone wat verhoudings vir 'n leeftyd het en egskeidings slegs 'n absolute laaste opsie is. Weens hierdie ongure omstandighede is 'huishoudelike' geweld groter as wat die norm is onder heteroseksuele egpare is.

Baie dankie

Wouter

  • 10

Kommentaar

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Wouter,

    Jou sg feite wat jou mites omtrent homoseksualiteit  afskiet klink soos 'n litanie van fundamentaliste neo-con propaganda. Die werklike feite rondom die saak is wetenskaplik nog nie ondersoek nie en wag op antwoorde.

    Die anti-gay brigade gaan jou klein traktakie vreeslik geniet.

    Groete,

    Pieter

  • Wouter,

    Ek vind jou bydraes nie altyd interessant nie, maar hierdie een kan ek mee saamleef. Dankie daarvoor.

    Gays is voortdurend besig om hulle oriëntasie as normaal voor te stel en diegene wat nie daarmee saamstem nie as benepe en abnormaal te etiketteer.  Dit is opvallend hoeveel van hulle in die media bedrywig is. Dit bied aan hulle 'n ongelooflike platvorm vanwaar hulle hul siening onder die breë publiek kan tuisbring.

    Ek lees graag meer oor die onderwerp en sal verseker Family Research Council gaan Google.

    KoosS

     

  • Dag Wouter,

    ek is nie 'n lid van enige brigade nie, maar ek vind jou "klein traktakie" interessant. Goeie leesstof en aangenaam om te vind te midde van al die spoegspat-tirades van die sodomiete.

     

    Straight groete

     Duitswester

  • Pieter: Die "Family Research Council" is inderdaad nie veel meer nie as 'n ultra-regse, fundamentalistiese "think tank." Ek sou enigiets waarmee hulle vorendag kom met 'n lepel sout neem.

     
    Intussen kry ek meer en meer die indruk dat die mees anti-gay ouens meer in gay seks belangstel as die gays self. Mens wonder nogal waarom.
  • Pieter Redelinghuys

    Beste Brianvds,

    Baie dankie vir jou inset.

    Die naam "Family Research Council" sê dit alles, en dit gaan my verstand te bowe hoe 'n "gay" soos Wouter vir hulle snert kan val, en selfs daarmee sy eie nes so kan bevark.  As medikus weet ek van geen studie wat onafwendbaar bewys dat homoseksualiteit NIE geneties is nie, dus die hele vraag lê nog oop: Wat is belangriker, nature or nurture? Maar blykbaar het hierdie "Family Research Council" nou die antwoord. Kyk gerus waarvandaan  hulle "navorsings" geld afkomstig is en wie se intresse hulle dien, en dan weet jy alles.

    In die toekoms behoort hulle meer aandag te gee aan "heteroseksuele families" want dié is besig om vinnig te verdwyn, en homoseksualiteit is nie die oorsaak daarvoor nie.

    Laat dit goed gaan met jou.

    Pieter.

     

     

  • Hello, 

     
    Elders was daar debatte wat geheers het dat 'n persoon moet argumente waarmee daar in sy persoon nie ooreenstemming is ook mee kan handel. Daarom dan bogenoemde artikel geplaas deur myself. Dit kan aanvaar word dat ek nie met een van die tien stellings in ooreenstemming is, maar dit is die argumente wat die rondte doen en dit moet verstaan, hetsy heteroseksueel of homoseksueel. 
     
    Vir die homoseksueel op antwoorde te vind daarop en in die algemeen wat is die metodiek waarop die navorsing gedoen is. 
     
    Bogenoemde stimuleer beide die heteroseksuele persoon en homoseksuele persoon. 
     
    Vir die wat al klaar homofobies is, is hierdie soos manna uit die hemel. 
     
    Maar ten minste weet altwee kante nou die belangrikste argumente oor die onderwerp wat die rondte doen. 
     
    Bespreek. 
     
    Baie dankie
     
    Wouter
     
    Is Kooss = 'koos sas'? 
  • Pieter

    Jy skryf: "dit gaan my verstand te bowe hoe 'n "gay" soos Wouter vir hulle snert kan val, en selfs daarmee sy eie nes so kan bevark."

    Ek dink Wouter het dit aspris geskryf, en wag vir respons alvorens hy uitlig wat hy in sy mou voer.

    Jaco Fourie

  • Beste Pieter

    Ek dink Wouter het sy stuk verkeerd aangebied. Ek was ook verbaas dat hy so 'n ommekeer gemaak het, maar by die tweede lees daarvan, verstaan ek dat hy eintlik die mites en sg "feite" soos deur hierdie "Family Research Council" vrygestel is ,aan ons probeer voorlê het.

    Wouter skuld ons 'n opvolgbrief,waarin hy al hierdie sg "feite" moet bespreek en uitwys hoe verkeerd dit is.

    Groete

    Perdebytjie

  • Pieter Redelinghuys

    Beste Perdebytjie,

    Dankie vir jou respons.

    Ek dink dat jy die spyker op die kop geslaan het, en komplementeer jou op jou skerpsinnigheid. Daar is geen ander verklaring vir Wouter se bisarre optreding nie. Sy presentasie is swak aangebied, en die inleiding boonop  misleidend. Die agtergrond van hierdie sg. "Council" sou ook welkom gewees het. Hulle kry seker hulle opdrag en finansiëring van oa VSA fundamentaliste kerke en neocons.

    Beste groete,

    Pieter

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top