
Foto: Canva
Weersiens
“Lanklaas gesien!”
Lika suig aan die strooitjie.
Gerda skink tee.
“En?” vra Gerda.
“Ek het vir my seun gewag.”
“Dit was skielik?”
“Nee. Twee jaar.”
Die hotelkamer koud.
My aandete warm.
Roosterbrood.
Sap.
Ek het daarna gebid.
Vergifnis gevra.
Gesluk. Dit was gal bitter.
Gaan lê.
Weer wakker.
Hy het nie gekom nie.


Kommentaar
Aan die een kant sien ek hier die intense verlange van 'n moeder se hart om haar seun weer te sien en dan die emosies en haar reaksie toe sy met 'n skok besef dat sy hom nooit weer gaan sien nie.
Die bittere teleurstelling, die moontlike selfverwyt, die slapeloosheid en dan al wat oorbly, die gebede van vergifnis? Vir hom? Vir haarself?