By monde van Johannes 14:6 seg Jesus:
Ek is die weg en die waarheid en die lewe, niemand kom na die Vader toe behalwe deur My nie.
Maar stellig het Hy nie rekening gehou met die Grootbaas nie, want seg laasgenoemde:
Die opgestanes kon enige vooroorlede gelowiges wees – oorlede in die tyd van Jesus se verblyf as Mens op aarde, of selfs voor dit. Dit is glad nie relevant of hulle Christus persoonlik (soos die apostels) geken het in lewe nie.
Hygend hert, glad nie relevant nie?! Gered, ongeag die feit dat hulle Christus nie geken het, en as hul persoonlike Verlosser en Saligmaker aanvaar het nie?
Nee, jissis, Kobus, dis seker die mees lasterlike ding wat enigiemand (ek inkluis) nog ooit hier kwytgeraak het!
Oom Daan
NS Die gedagte aan ’n “opgestane” wat dertig jaar ná sy dood tuis arriveer en by sy familie probeer intrek, is ’n puik idee vir ’n boek. Miskien ’n opvolg vir Siener in die Suburbs – onthou vir “Oorle Pa”?

