Ly Jan Rap nie aan selfhipnose nie?

  • 0

Jan. Ek het vergeet van twee ander redenasie-style wat jy en Anton eenders is, nl wegskram (sidestep the issue) en analogie gebruik hoofsaaklik buite verband.

Jy skryf: “Betig en uitwys van dwalinge is nie aanvalle nie”. Nou wie is jy om die meerderheid Afrikaners te betig en te bepaal dat hulle op ’n dwaalpad is, en jou die reg gee om hulle met woorde soos “slapgatte” en “gedienstige Afrikaners” sleg te sê? Jy erken jou verwysing was na die meerderheid Afrikaners want jy skryf: “In ’n mate is jy reg oor die feit dat hy (FW) ’n tipiese Afrikaner is, die slapgat soort wat deesdae, skyn dit my, IN DIE MEERDERHEID IS”: dis blatante aanval op jou mede-Afrikaners, nie betigtiging nie. Jou antwoord hierbo genoem was wegskram-taktiek.

VRAAG: “Hoekom is jy so kwaad vir Dan.” VERSKANSTE ANTWOORD (vraag is aan my gevra, die antwoord kom van Jan, maw woorde in my mond te plaas): “Omdat Dan Roodt bietjie na aan die been sny en dit lê bloot dat i) sekere Afrikaners met slap pap onder ’n wip gevang is, ii) dat daar wel Afrikaners is wat breingespoel is, dus wel met die vyand heul, iii) dat daar Afrikaners is wat agtergekom het dat hulle bydraend tot die skep van ’n gedrog was nou nie die morele moed aan die dag kan lê om dit te erken nie en dus in ontkenning lewe en iv) dat daar wel Afrikaners is wat pleinweg rugstekers, joiners, meelopers, agterryers en verraaiers is (weereens propagandise aanval op mede Afrikaners wat jou sieninge nie huldig nie, uitgespreek in die swakste smaak moontlik, ook tipies Anton styl)?” Jou doel is ooglopend nie om my mening te vra nie, maar wel lywige propaganda aan die leser oor te dra. Jy se ek praat stront en die vraag/verskanste antwoord probeer afmaak als retoriese vraag en antwoord. Whatever! In albei gevalle is die propagandiese doel deursigtig.

Jou preutse uitkyk oor die Afrikaanse taal respekteer ek als jou reg daartoe. Jy op jou beurt respekteer nie my of ander Afrikaner se siening dat Engelse gebruike onder Afrikaners ook ’n plek in sekere omstandighede het, sonder dat hulle lojaliteit aan Afrikaans en die Afrikaner in die gedrang is nie.

Jy sluit af met tipiese Anton persoonlike belediging: “Jou optimisme oor die toekoms van Afrikaans kan ek net toeskryf aan selfhipnose”.

Jy ontduik gedurig my vrae om feitlike bewyse te lewer wat Rooi Daantjie daadwerklik (nie net praat nie) ooit vir die Afrikaner gedoen het, selfs vir sy eie volgelinge, behalwe geldmaak vanuit sy persoonlike webblad.

 

Probeer my oortuig. Indien jou oortuigingsvermoë genoegsaam is, word ek ’n Daantjie-ondersteuner.

In die afwesigheid van feite, is jou blinde aanbidding van jou profeet Rooi Daantjie nie juis die selfhipnose waarvan jy so gretiglik oor praat.

Jaco Fourie 

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top