Weeklikse Befoetering (Of nie)
Dis Maandag en ek sit hier alleen op my bed
Ek het niemand hier by my nie, maar se nounet ek het
Sou sy by my wou sit en gesels tot die son opkom ... of nie?
Want dis weereens die realiteit wat by my kop spook vanaand
En ek besef nou vir die eerste keer na elke liewe aand
Ek's maar 'n gewone ou ...
Dis Woesnsdag en dit is al, die middel van die week
Al die pyn begin weer in my hart te steek
En ek wonder of ek ooit van hierdie seer gaan vergeet ... of nie?
Want dis weereens die realiteit wat by my kop spook vanaand
En ek besef nou vir die eerste keer na elke liewe aand
Ek's maar 'n gewone ou ...
Dis Vrydag en die week is verby, ek het dit deurgemaak
Ek ignoreer maar elke keer my hart se klop wat kraak
Ek wonder of maak enige van hierdie goed ooit saak ... of nie?
Dis Sondag en 'n nuwe week lê om die draai vir my
Al my negatiwiteit het darem nie gebly
Ek wonder soms of ek finaal dit in my kop sal kry ... of nie?
Want dis al weer die realiteit wat my kom besoek vanaand
En ek besef vir die eerste keer na elke liewe aand
Ek’s tog meer as 'n gewone ou


