In die aand
sal die gedagtes opgaar
en die voete
stilstaan.
Oë helder vierkantig.
Webblaaie in die kelder
daar skyn die
internet helder.
Sopnat gesweet.
Die kubernet
het alles geweet
webblaaie is altyd gereed!
Op soek na ‘n web,
wetenskappe is pret,
op die internet
is alles kleurvol pret
Stukkend en verlore,
sekere webblaaie is verbode.
verbonde aan die hart,
leef eerder sonder smart.
Toevoereenhede wat data stoor,
afvoereenhede wat toor.
En dit is goor formules,
wat sukkel en hakkel.
Kommentaar gestry,
boodskappe gly verby.
Informasie beweeg
op ‘n rietfluitstroom.
Funksietoetse bring
kopkrapvrae.
Excel is saam
Word is maklik om te verstaan.
Soek goedkoop resepte
Kry kinderpretwenke.
Dink, flink
Hunker na die wind.

