Daar is al hoe meer besprekings en besprekingsinisiatiewe (radioprogramme, diskoerse en bosberade) oor herstel, naamlik:
Hoe kan waardes weer teruggebring word?
Hoe kan water weer drinkbaar gemaak word?
Hoe kan die onderwys weer reggeruk word?
Hoe kan hospitale weer gekry word om hulle doel te dien?
Hoe kan stormwater- en rioleringstelsels weer aan die gang gekry word?
Hoe kan dorpe, paaie en strate weer skoongemaak word?
Hoe kan onderwysers weer opgelei word?
Hoe kan ons vakmanne weer terugbring?
Daar is nog talle. Uit die aard van die vrae is duidelik dat daardie probleme eens op 'n tyd nie bestaan het nie. Die soeke na 'n renaissance bring die ooglopende vraag – wat terloops nooit gevra word nie – na vore naamlik: Wat het die verval veroorsaak? Die antwoord is so ooglopend maar ek los dit vir die juigkoortjie vir huiswerk.
Jan Rap


Kommentaar
Dag Jan, onder wie word die dinge bespreek? Sekerlik nie onder die wat weier om die olifant in die kamer raak te sien nie. Dus nie deur enigiemand wat wel iets daaraan kan doen nie.
Voorspoed, as moontlik.
Duitswester