Wat van Ra, die songod?

  • 1

In my verbeelding kan ek sien hoe God, ewe selfvoldaan, op sy gemakstoel gaan sit met arms gevou en 'n bre? glimlag op sy gesig terwyl hy prewel: “Das ist gut, ja?” of watter taal hy dan ook gepraat het. Toe begin hy rus, en die dag daarna, en die dag daarna, en die dag daarna, vir 6000 jaar lank. Eergister het hy gerus en gister ook. Nee, fok, dis tyd dat hy nou weer aan die werk spring.

 

Werkloosheid styg by die dag, of het hy dalk intussen by Cosatu aangesluit en is hy besig om te staak? Hy kan tog nie tevrede wees met die planeet wat hy geskep het nie? Die grootste gedeelte daarvan is nog onbewoonbaar, of te warm of te koud. Komaan, jou luiaard, gaan na die miere en word wys, en rol jou moue op. Elke dag gaan daar duisende kinders dood weens hongersnood, en aardverwarming gaan die mensdom nog uitroei, terwyl jy op jou alie sit en jouself op die rug klop vir halwe werk.

Miskien moet ons vir ons 'n ander god kry. Wat van Ra, die songod? Dis tog wetenskaplik bewys dat hy elke dag hard werk om lewe op aarde te onderhou, of miskien Zeus met sy donderende stem daar vanaf Olimpus.  Miskien kan Thor met sy hamer so 'n paar houe hier slaan om alles weer in orde te kry.

Groete

Angus

  • 1

Kommentaar

  • Chris Dippenaar

    Ek sou Satan verkies. Hy en sy volgelinge gee ten minste nie om as jy hom 'n doos noem nie. In my boek is dit godsdienstige tolleransie.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top