Wat van 'n afspraakwerf, Estelle Z?

  • 0

Estelle Z kla oor die dansplekke met dieselfde ou gesigte as 10 jaar gelede. Dis nou soos om net in een dammetjie vis te wil vang, met die oseaan net oor die volgende bult. Slegs enkele mans hang in dansplekke uit, maar bykans almal het internet-toegang, al is dit slegs met 'n Blackberry.

Waarom nie 'n afspraakwerf probeer nie? Ek vra, want ek het self my vrou op so 'n werf ontmoet, 'n hele paar jaar gelede al.

Goed; daar is ook 'n hele aantal roofdiere op sulke werwe wat na prooi soek. En ja, vat maar gerus baie mense se selfbeskrywings met 'n groot knippie sout. "Baie aantreklik" beteken dikwels "net-net gangbaar", en "'n paar ekstra kg" beteken ook waarskynlik 50 kg te veel, in sommige gevalle.

Die poel van beskikbares is egter wel enorm, vergeleke met 'n paar dansplekke s'n. Mens kan ook gou-gou agterkom, bloot deur die teks van hulle profiele te lees, en te kyk na hulle e-posse, hoeveel grysstof daar tussen die ore is, iets wat jy nie noodwendig vinnig by 'n dansplek gaan optel nie.

Joe Pieterse

Besoek LitNet se afspraakwerf, VryNet!- Webvoet

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top