Geskryf vir: Straatligkinders
Vers 1:
Ontvoer my vanaand dan skep ons vars lug
Ons ry weg van die geraas en fokus net op ons
Die wêreld raak soms net té moeilik en besig
Gelukkig is jy hier as my suurstof
Refrein:
Wat sal jy doen sonder daai een persoon?
Die een wat jou in die lug hou en jou dag maak elke dag
Die een wat jou hart snaaks laat klop en jou hoendervleis gee met elke soen
Wat sal jy doen?
Vers 2:
Ons vlug van al die valsheid en seerkry
Ek en jy vir altyd saam, ons fokus net op ons
Die wêreld raak nou net te vuil en vol sonde
Gelukkig is Hy hier as ons suurstof
Refrein
Wat sal jy doen sonder daai een persoon?
Die een wat jou in die lug hou en jou dag maak elke dag
Die een wat jou hart snaaks laat klop en jou hoendervleis gee met elke soen
Wat sal jy doen?
Brug:
Kyk op na bo
Hy's die een wat in jou glo
As jy net my hand sal vat
Dan stap ons die regte pad
Refrein:
Wat sal jy doen sonder daai een persoon?
Die een wat jou in die lug hou en jou dag maak elke dag
Die een wat jou hart snaaks laat klop en jou hoendervleis gee met elke soen
Wat sal jy doen?

Teken in op LitNet se gratis weeklikse nuusbrief. | Sign up for LitNet's free weekly newsletter.